Akademia-gholfdag 2022

Akademia-gholfdag 2022

Gewone prys
R 4,000.00
Uitverkopingsprys
R 4,000.00
Versendingskoste word met bestelling bereken.
Hoeveelheid moet 1 of meer wees

Akademia-gholfdag 2022

Akademia vier ʼn dekade van pionierswerk en hou ʼn gholfdag ten bate van die Akademia-skenkingsfonds.

Dinsdag 26 Julie 2022

Wingate Park Buiteklub, Pretoria

 

Registrasie: 9:30-10:30

Afslaantyd: 10:30 (vanaf verskeie putjies)

Koste vir ʼn vierbal: R4 000.00

Waarvoor wag jy? Skryf ʼn span in!

 

Vierbal sluit in:

  • Verwelkomingsakkie per speler
  • Gebruik van gholfkarretjies (twee per span)
  • Ete by die halfweghuis
  • Bywoning van aandfunksie

 

Meer inligting:

  • Formaat: Vierbal-alliansie (twee tellings tel). In die vierbal-alliansie word die Stabelfordtelling gebruik waar elke putjie ʼn voorbepaalde getal spelers van elke span se tellings gebruik om die span se telling te bereken. Dikwels beteken dit net die twee beste tellings van die span van vier, maar dit kan al vier die spelers se tellings insluit.
  • Toekennings: Naaste aan die vlag, langste dryfhou, en ʼn troosprys vir die speler wat die meeste houe vir die dag gespeel het. Daar is ook ʼn finale prys vir die vierbal met die mees kreatiewe naam.
  • Veiling: Daar gaan ook ʼn veiling van verskeie items deur die loop van die aand plaasvind. Die veiling word gehou ten bate van die Akademia-skenkingsfonds.
  • Covid-19-regulasies geld
  • Vir navrae: Stuur gerus ʼn e-pos na leah@akademia.ac.za

 

Wie is die Akademia-skenkingsfonds?

Die Akademia-skenkingsfonds is ʼn skenkingsfonds wat spesifieke klem lê op die oprig van Afrikaanse opleidingsinstellings. Hierdie trust fokus daarop om ʼn volhoubare model te voorsien om skenkings te werf, uit te bou en aan te wend ten behoewe van opleidingsinstellings soos Akademia. Fondse ingesamel by die gholfdag sal gebruik word om befondsing beskikbaar te stel om studente se studentedrome te verwesenlik en te help bou aan ʼn Afrikaanse universiteit.