
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere
Formaat: Aanlyn werkswinkel
Datum: 23 Julie 2022
Gemik op: leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18
Prys: R650 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer)
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese eendagwerkswinkel, wat aangebied word deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit en is ideaal vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak.