Skryfnet: Kreatiewe skryfkuns vir skoliere

Skryfnet: Kreatiewe skryfkuns vir skoliere

Gewone prys
R 650.00
Uitverkopingsprys
R 650.00
Versendingskoste word met bestelling bereken.
Hoeveelheid moet 1 of meer wees

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur Christien Neser, die gewilde jeugverhaalskrywer. Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellersperspektief, skryfgenres en hoe om ’n storie aanmekaar te sit  – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Hierdie is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of jy nou ’n opstel, riller of liefdesverhaal wil neerpen. Skoliere wat hierdie werkswinkel voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Skryfnet.

 

Gemik op: Skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18

Datum: Saterdag 21 Augustus 2021 vanaf 09:00 tot 15:00

Plek: Akademia se Centurion-kampus

Inskrywings sluit: 16 Augustus 2021

Formaat: Eendagwerkswinkel op Akademia se Centurion-kampus

Prys: R650 per persoon – sluit ontbythappie en ligte middagete in (10% afslag vir groepe van vyf of meer)