
Skryf vir gemeenskapsmedia
Formaat: Aanlyn werkswinkel
Datum: 15 Mei 2023
Gemik op: Enigiemand wat graag die basiese beginsels van gemeenskapsjoernalistiek wil leer
Prys: R4 000
Gemeenskapsmedia is ’n praktiese joernalistieke kursus vir diegene wat passievol is oor nuus en dit met integriteit wil oordra. Dit is ontwikkel deur Maroela Media en fokus op die fynere detail van joernalistiek, spesifiek in die digitale omgewing. Na afloop van die kursus sal jy ’n sertifikaat ontvang en gerat wees om gemeenskapsnuus effektief weer te gee.
Kursusfooie is nie oordraagbaar of verhaalbaar indien jy nie aan die kursus wat jy gekies het deelneem, sperdatums haal of dit voltooi nie.