Wynproegeleentheid: 19 September 2024

R120R250

Akademia se wynvereniging hou die eerste wynproegeleentheid vir 2024.

Hierdie aand word aangebied deur Bartho Eksteen-wynlandgoed in die Hemel-en-Aarde-vallei se wynmaker, Pieter Willem Eksteen! Kom luister saam na sy unieke stories oor wat wyn besonders maak – dit oor ʼn heerlike glasie rooi- of witwyn terwyl jy ʼn heerlike stukkie pizza geniet. Die voorgereg is gratis en pizzabestelling kan vir eie rekening geplaas word.

Dit beloof om ʼn heerlike geleentheid te wees, koop sommer nou jou kaartjie! As jy ʼn wyn geproe het waarvan jy besonder baie hou, kan jy tydens die geleentheid ʼn bottel of twee aankoop om huis toe te neem. Akademia se wyn sal ook te koop wees.

Die geleentheid word slegs vir Fonties, personeel en donateurs van Akademia aangebied. Daar is slegs ʼn beperkte aantal kaartjies te koop.

Datum: Donderdag 19 September 2024

Tyd: 18:00 tot 20:00

Plek: Sowel As, Leriba-kampus, Endstraat 245, Clubview, Centurion, 0157

Koste: R150 per persoon (Ingesluit: Voorgereg en proe van ses wyne)

Pizzabestelling

R120 – Hawaiian

R120 – Pepperoni

R120 – Regina

 

Scroll to Top