Die Pionier-koffie
R55 – R100
Die Pionier
Dit ruik soos nog
Nog geleenthede, nog groei en nog voorspoed. Ná Akademia se geboorte uit sy gemeenskap glo ons dat ons selfs hoër hoogtes gaan bereik in die volgende dekade.
Kry daardie ekstra geesdrif elke oggend en word aangevuur met nuwe gedagtes, nuwe mense en tonne groei. Akademia vier ʼn dekade van pionierswerk. Mag elke slukkie Pionier se inspirasie deur jou are vloei en ons in dankbaarheid laat besef hoe ver Akademia gekom het en waarheen ons as instelling op pad is. Mag jy met elke koffie van die unieke koffieversnit saam met ons pionierswerk vier.
Die Pionier-ontbytmengsel teen R100.00 per pak
Die Pionier- vriesgedroogde koffie teen R55.00 per botteltjie