Die oogmerk van hierdie omvangryke werk is om vanuit die ideehistoriese genre ʼn eerste grondige inleiding tot Middeleeuse filosofie in Afrikaans aan te bied. Die werk vertoef wel by wat die skrywer die ‘gekanoniseerde’ denkers in Middeleeuse filosofie noem – Augustinus, Boethius, Ibn Sina (Avicenna), Ibn Rushd (Averroes), Petrus Abelardus, Thomas Aquinas, Johannes Duns Skotus, Willem van Ockham en so meer – maar juis nié met oordrewe klem nie. Hierdie publikasie se Foucaultiaanse oriëntasie soek in uitbreiding van die kanon juis die ondergepubliseerde, eenkantfigure in Middeleeuse filosofie op om oor elkeen ’n toeganklike, essayistiese inleiding aan te bied, sonder om enige prioriteite vanuit bestaande vakresepsie toe te ken.
Uiteindelik is 145 denkers vanuit ses nuutverantwoorde periodes in Middeleeuse filosofie in die werk hanteer; bygewerk vanuit die mees onlangse nisnavorsing in Duits, Engels, Frans en Nederlands; elkeen met ’n eie afdeling, bibliografie en kommentaar per eindnotas.
Die boek is chronologies geskryf, en nie tematies nie – hoewel histories-tematiese ontwikkelinge duidelik sal blyk uit die chronologiese oorsig en die talle ekskurse wat aangebied word. Hierdie is nie bloot ’n akademiese naslaanwerk nie, maar ook ’n leesboek aangebied vir ’n wyer belangstellende leserspubliek – en kan vanuit die estetiese aanbod en toeganklike aard daarvan vir enige leser aanbeveel word wat geïnteresseerd is in die na-Romeinse kultuurgeskiedenis en Middeleeuse filosofiegeskiedenis.
Kyk die boekbespreking op ons YouTube-kanaal
Lees mediadekking op Maroela Media
|
Volume 1 |
Volume 2 |
Prys |
R600 |
R700 |
Formaat |
Sagteband, 180 x 240 mm |
|
ISBN |
978-0-620-84355-3 |
978-0-620-87894-4 |
Bladsytelling |
761 |
885 |
Onderwerp |
Filosofie, kultuur, geskiedenis |
|
Publikasiedatum |
Augustus 2020 |