Plato: Verdediging van Sokrates
Plato: Verdediging van Sokrates
Plato: Verdediging van Sokrates
Plato: Verdediging van Sokrates

Plato: Verdediging van Sokrates

Gewone prys
R 100.00
Uitverkopingsprys
R 100.00
Versendingskoste word met bestelling bereken.
Hoeveelheid moet 1 of meer wees

Die Verdediging van Sokrates is een van die vroegste brondokumente van Westerse filosofie. Dit is nie alleen ʼn apologie vir ondersoekende en kritiese denke in ʼn wêreld waar maghebbers met onredelikheid en onbillikheid die toon aangee om die burgers, dié sonder veel geld of mag, onderdanig en op hulle plek te hou nie, of ʼn apologie vir die redeneerkuns in ʼn wêreld waarin die massamedia openbare menings bepaal nie. Dit is ook ʼn vertelling van die ontwaking van ʼn kultuur waaraan ons so baie te danke het, insluitend wetenskap, demokrasie, letterkunde, teaterkuns en dies meer.

Boshoff se vertaling is lewendig en laat die antieke Griekse filosowe sommer lekker Afrikaans praat. Lesers sal só meegevoer word dat hulle wil saampraat, wat beteken dat hulle begin om ook saam met Plato te dink, om self standpunt in te neem en om standpunte te herdink, aan te pas en te verdedig.