
Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns
Formaat: Aanlyn kursus
Datum: 11 Julie 2022
Gemik op: Enigiemand wat graag wil skryf.
Prys: R2 800
Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns is ’n inleidende, praktiese kursus in die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ’n kortverhaal. Dit is ontwikkel deur prof. Hans du Plessis en word aangebied deur Corlia Fourie. In hierdie kursus word deelnemers toegerus met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ’n eie verhaal te beplan, skryf en ontleed.