
Skryf ’n Liefdesverhaal
Formaat: Aanlyn werkswinkel
Datum: 5 September 2022
Gemik op: Enigiemand wat graag ’n liefdesverhaal wil skryf
Prys: R2100
Skryf ’n Liefdesverhaal is ’n aanlyn kursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Dis ontwikkel en word aangebied deur die gesoute boekeredakteur, Madri Victor. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om ’n boeiende verhaal te skryf en ook ’n sertifikaat ontvang.
Kursusfooie is nie oordraagbaar of verhaalbaar indien jy nie aan die kursus wat jy gekies het deelneem of dit voltooi nie.