
Skryf ’n Toespraak
Formaat: Kontaksessie, werkswinkel
Datum: 15 April 2023
Gemik op: leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18
Prys: R700 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer)
Skryf ’n Toespraak is ’n praktiese eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18 wat fokus op al die bestanddele wat nodig is om ’n wen-toespraak te skryf. Dit word aangebied deur Erica Dannhauser en vind plaas by Maroela Media se kantore in Pretoria.
Bepalings en voorwaardes: Kursusfooie is nie oordraagbaar of terugbetaalbaar indien jy nie aan die kursus wat jy gekies het deelneem, sperdatums haal of dit voltooi nie.