Verwysingsgids

Verwysingsgids

Gewone prys
R 50.00
Uitverkopingsprys
R 50.00
Versendingskoste word met bestelling bereken.
Hoeveelheid moet 1 of meer wees

Akademia se verwysingsgids – nou in hardekopie te koop!

As hoëronderwysinstelling is Akademia besig met wetenskapsbeoefening op die hoogste vlak. Die ontwikkeling en verspreiding van idees – teoreties en toegepas – kan as wetenskaplike kommunikasie beskou word en is van groot belang in die akademiese omgewing.

Soos wat daar bepaalde reëls vir effektiewe alledaagse kommunikasie is, is daar ook bepaalde riglyne waaraan wetenskaplike kommunikasie moet voldoen om vakkundig geldig en aanvaarbaar te wees.

Die doel van Akademia se plagiaatbeleid is om te verseker dat studente die vaardighede ontwikkel om op die hoogste vlak aan wetenskaplike dialoog deel te neem. Hiervoor moet akademiese skryfwerk – en by implikasie die dinkwerk wat daartoe lei – met integriteit, kundigheid en korrektheid verdedig kan word.

Maak seker jou verwyings is korrek en jou akademiese skryfwerk sonder plagiaat.

Die voordeel van die harde kopie is dat hy langs jou kan lê as jy verwysings moet insit; jy kan notas maak en byderhand hou vir enige ander skryfwerk.

Koste: R50 per A5-boekie.