Teken in
Skep 'n rekening

Taalvaardigheidskursus: Vlak 1

R1 080

Die kursus word deur middel van selfgerigte aktiwiteite op die Spens voltooi en sluit twee skryfwerkswinkels in. Kampusstudente woon die werkswinkel in persoon by en studente wat op die nauurse afstandmodel geregistreer is, woon die werkswinkels via Teams by. Kommunikasie hieroor sal op die Spens beskikbaar gemaak word. Alle leermateriaal en aktiwiteite word verskaf.

  • Datums:  8 April tot 18 Mei 2024
  • Datum van registrasie: Registreer tussen 4 en 12 April 2024
  • Gemik op: Studente wat nie die taalvaardigheidstoets geslaag het nie EN studente wat nie die taalvaardigheidstoets afgelê het nie
  • BELANGRIK: Maak gebruik van jou studente-e-posadres om vir die kursus te registreer.
  • Bepalings en voorwaardes: Kursusfooie is nie oordraagbaar of terugbetaalbaar indien jy nie aan die kursus deelneem, sperdatums haal of dit voltooi nie.

Enige navrae kan gestuur word na taalsentrum@akademia.ac.za

Scroll to Top