Teken in
Skep 'n rekening

OORSIG

Die Winkel is toegespits daarop om gehalte en stylvolle produkte te lewer vir Akademia se studente en vriende. Die Winkel bevorder Akademia se handelsmerk en vestig geborgenheid onder ons studentegemeenskap.

Fonties is trots en dra Akademia se naam op hulle mou. Daarom is Die Winkel gerig daarop om stylvolle items te verkoop wat ons trots en passie vir Akademia sal uitbeeld.

Alle aankope help bou aan ʼn Afrikaanse studietuiste waar denke sowel as die hart gevorm word.

ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE

Daar is drie opsies vir versending:

• Self-afhaal van pakkies by Akademia se persele (Von Willich, koshuis@Leriba, Centurion-kampus, Moot-sentrum) – geen koste.
• Versending van pakkies (koste is R120 en word by die prys ingereken indien die opsie gekies word).
• Sentrums: Indien daar ʼn groot bestelling van meer as tien studente by die sentrum is, sal daardie bestelling gratis aan die studente versend word, maar hulle moet dit self gaan afhaal. Dit moet per e-pos gereël word.

• Aflewering neem een tot tien werksdae.
• Kontak winkel@akademia.ac.za indien jy enige navrae het rakende jou pakkie se besonderhede.

• Indien jou gekose produk nie die korrekte grootte is nie, beskadig of foutief is, kan produk teruggestuur word om omgeruil te word. Die onkoste vir die terugstuur van die pakkie/produk is vir koper se eie rekening. Dieselfde produk sal dan weer aan die koper gestuur word.
• Dit is wel ʼn tydsame proses en daar moet seker gemaak word die produkte is in voorraad en kan twee tot vier weke neem.
• Alle omruilings kan per e-pos gereël word by winkel@akademia.ac.za.

Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ‘n wagtydperk tussen twee en vier weke sal wees. 

Scroll to Top