OORSIG
Die Winkel is toegewyd aan die verskaffing van gehalte- en stylvolle produkte wat Akademia se trots en passie weerspieël. Dit bevorder Akademia se handelsmerk en skep ʼn gevoel van geborgenheid onder ons studentegemeenskap. Met ʼn wye reeks produkte beskikbaar, van klerasie tot geskenke vir spesiale geleenthede, was daar nog nooit ʼn beter manier om jou verbondenheid tot Akademia uit te druk nie.
Ons nooi jou uit om die inloopwinkels op die Leriba- en Paarl-kampus te besoek, waar jy ʼn hartlike atmosfeer en gehalteprodukte sal vind wat sorgvuldig gekies is om aan elke smaak en behoefte te voldoen. Of jy op soek is na Fontie-drag, die perfekte geskenk of iets om jouself mee te bederf, ons deure staan altyd vir jou oop.
Elke aankoop help om ʼn wêreldklas Afrikaanse studietuiste te bou, waar denke én hart gevorm word. Besoek ons aanlyn platform of kom loer gerus in by ons inloopwinkels – ons sien uit daarna om jou te verwelkom en jou te help om die perfekte item te vind.
ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE
Daar is drie opsies vir versending:
- Kom haal die pakkies self by Akademia se persele af teen geen addisionele koste nie.
Op kampus: Leriba-, Gerhardstraat- of Paarl-kampus
Sentrums: George, Bloemfontein of Moot
Hoofkantoor: Von Willichlaan
- Die koste om ʼn pakkie te versend is R120. Dit word reeds by die prys ingereken sodra die opsie gekies word. Die koste behels slegs versending binne Suid-Afrika. Stuur gerus ʼn e-pos na winkel@akademia.ac.za indien die pakkie na die buiteland versend moet word.
- Sentrums: Indien daar ‘n groot bestelling van meer as tien studente by die sentrum is, sal daardie bestelling gratis aan die studente versend word, maar hulle moet dit self gaan afhaal. Dit moet per e-pos gereël word.
- Aflewering neem een tot tien werksdae.
- Kontak winkel@akademia.ac.za indien jy enige navrae het rakende jou pakkie se besonderhede.
- Indien jou gekose produk nie die korrekte grootte is nie, beskadig of foutief is, kan produk teruggestuur word om omgeruil te word. Die onkoste vir die terugstuur van die pakkie/produk is vir koper se eie rekening. Dieselfde produk sal dan weer aan die koper gestuur word.
- Dit is wel ʼn tydsame proses en daar moet seker gemaak word die produkte is in voorraad en kan twee tot vier weke neem.
- Alle omruilings kan per e-pos gereël word by winkel@akademia.ac.za.
Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ‘n wagtydperk tussen twee en vier weke sal wees.