Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen
R350
Akademia Uitgewery
Danie Goosen word beskou as een van dié vooraanstaande lewende Afrikaanse filosofiese denkers. In sy latere werk hou hy homself veral besig met die rol en toekoms van die Afrikaners, asook die lewenskragtige konsep van gemeenskap.
In hierdie bundel word daar hulde gebring aan dié hedendaagse denkleier, en word die ryke invloed van Goosen se intellektuele arbeid op prominente plaaslike akademici en gemeenskapsleiers illustreer.
Deur ʼn verskeidenheid essays oor Goosen se lewe en werk kry die leser ʼn beeld van sy vorming en die ontwikkeling van sy denke vanuit nasionale en internasionale oorde, maar dui die prominensie van die bydraers hier ook op die diep spore wat Goosen as mens en denker in Suid-Afrika, Europa en Amerika getrap het.
Lees ʼn onderhoud in die Flink-tydskrif
Kyk die boekbespreking op ons YouTube-kanaal
Lees mediadekking op Maroela Media
Formaat | Sagteband |
ISBN | 978-0-620-85856-4 |
Bladsytelling | 507 |
Onderwerp | Aktueel, filosofie, huldigingsbundel |
Publikasiedatum | Junie 2020 |
Beskikbaarheid: 29 in voorraad