Tweedejaarskamp 2025
R300
Tweedejaarskamp 2025
Datum: 23 tot 24 Mei
Plek: Leriba-kampus, Endstraat 245, Clubview, Centurion, 0157
Koste: R300 per persoon
Tema van die kamp: Sosiale verhoudings
Die fokus van die kamp is sosiale verhoudings en daar sal verskeie sessies aangebied word deur Paul Smith in samewerking met die studenteondersteuningspan.
Die volgende temas sal by die sessies bespreek word:
- Wat is nodig vir gesonde verhoudings/verbintenisse?
- Jou eie identiteit en goeie verhoudings
- Hoe hanteer ons snellers (triggers) in ons interaksie met ander mense?
- Digitale/virtuele verhoudings
- Hoe hanteer ons vergifnis?
Kom leer saam met jou mede-Fonties hoe om gesonde sosiale verhoudings te kweek en leer mekaar beter ken!
Die kamp is net vir tweedejaarstudente en ouer.