Akademia-speelkaarte

R100

Hierdie stel eiesoortige Akademia-speelkaarte spieël die instelling se klassieke aard en wese, wat ontwerp en samestelling betref. Dié stel bevat 52 speelkaarte, ingesluit harte, diamante, klawers en skoppens. Die blou kaarte verwys na figure uit die Westerse kultuurtradisie en verteenwoordig deugde soos wysheid, rede en strategie. Die brons kaarte verwys na die legendes vanuit die Afrikaanse taal-en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig weer deugde soos moed, selfloosheid en gemeenskapswaardes. Gedagtig aan Akademia se leuse, Ad futurum per fontes, oftewel “Na die toekoms deur die bronne” verteenwoordig hierdie karakters die ryke erfenis van ons verlede waarop ons roepingsgedrewe vir die toekoms voortbou.

Beskrywing: 

Afmetings: 900 mm (h) x 600 mm (b) (standaardgrootte kaarte) 

52 speelkaarte en 8 beskrywende kaarte in die pak saamgevoeg

Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Let wel dat daar ’n wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees. 

Beskikbaarheid: 19 in voorraad

Scroll to Top