Konstruktiewe joernalistiek vir vandag
R320
Deur Johannes D Froneman
Die geskiedenis van die Afrikaanse joernalistiek is ʼn ontwikkelende storie wat lewenskragtig op soveel plekke en maniere ontplooi. Hierdie boek – ʼn eerste in Afrikaans – vertel iets daarvan deur op verskeie belangrike temas te fokus.
Dit is nie ʼn omvattende geskiedenis van die massamedia nie, maar bied wel interessante perspektiewe wat die rykheid van die Afrikaanse joernalistiek oopbreek.
Die boek is gemik op jonk en oud, op jong joernaliste én diegene wat as joernaliste of mediagebruikers ʼn stuk van dié geskiedenis beleef het.
Uiteindelik vertel dit die verhaal van hoe die Afrikaanse joernalistiek gehelp het om ʼn taal en ʼn betekenisvolle leefwêreld te skep.
