Geurverspreider
R190
Waar ʼn beeld kan vervaag en ʼn klank kan uitdoof, leef ʼn geur voort soos ʼn stille fluistering, wat die verlede, hede en die toekoms aanmekaar bind. Gedagtig hieraan, en Akademia se leuse – Ad futurum per fontes (vanuit die bronne na die toekoms) – voer die instelling se eiesoortige reukolie* jou as’t ware terug na die kern van sy klassieke aard.
Die eerste reuk in die reeks, Die WARE, met ʼn ondertoon van papier, hout en leer herinner aan die warmte en karakter van ʼn studeerkamer. Dit is hier waar kennis bewustelik bewaar, gekoester en uitgebou word. So word dié reuk ʼn simboliese draer van waarheid. ʼn Sintuiglike ode aan die akademiese tradisie waarin elke geskrewe woord, elke bladsy, elke geskrif ʼn idee is wat lig op die groter waarheid skyn.
*Akademia se reukolie word in ʼn reeks van drie unieke geure beskikbaar gestel, wat die klassieke ideaal van die ware, die goeie en die skone beliggaam.
Beskikbaarheid: 22 in voorraad
