Akademia-lessenaarmat

R280

Bring Akademia se toekomsvisie na jou werk- en studeerruimte met hierdie stylvolle lessenaarmat. Dié mat is grafies geïnspireer deur die klassieke argiteksketse van die instelling se nuwe wêreldklas kampus wat in die ooste van Pretoria ontwikkel word. Of dit nou in ’n kantoor, studeerruimte of vergaderlokaal gebruik word, dié lessenaarmat is meer as net ’n bykomstigheid – dit is ’n tasbare uitdrukking van Akademia se strewe na akademiese uitnemendheid en toekomsgerigtheid.

Beskrywing:
Die lessenaarmat bied ’n gladde, gebruikersvriendelike oppervlak vir daaglikse werk, studie en digitale gebruik, terwyl die stewige, glyvaste basis stabiliteit en duursaamheid verseker.
Kleur: skemerblou
Grootte: 77 cm in deursnee

Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Let wel dat daar ’n wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees. 

Beskikbaarheid: 60 in voorraad

Scroll to Top