Sportfooi 2026 | Bloemfontein-sentrum
R200 – R350Price range: R200 through R350
Sluit aan by die Bloemfontein-sentrum se opwindende jaar vol aktiwiteite! Betaal ʼn eenmalige padel- en pikkelbalsportfooi en kry onbeperkte toegang tot alle padel- en pikkelbalwedstryde wat deur Akademia se Bloemfontein-sentrum gefasiliteer word gedurende die semester.
Hierdie aktiwiteite bied ʼn ideale geleentheid om deel te neem, fiks te bly en deel van ʼn gemeenskap te wees. Sluit vandag nog aan en neem na hartelus deel!
Meer inligting:
Geldig: padel- en pikkelbalsessie gefasiliteer deur Akademia vir semester een van 2026
Koste: R350 per Fontie
Plek van padel: Padelworx | Greenside-kwekery, Langenhovenpark, Bloemfontein
Plek van pikkelbal: Paradise Pickelball | Recon Park, Faan Ferreiralaan 22, Langenhovenpark, Bloemfontein
- Jou aankoopfaktuur dien as bewys van aankoop van die fooi – wys dit asseblief vir die betrokke koördineerder om jou tye te bespreek.
- Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word.
- Die sportfooi is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.
- Akademia neem nie verantwoordelikheid vir enige beserings wat tydens die geleenthede opgedoen word nie.
Bloemfontein-sentrum
Aksienetbal | Sportfooi 2026
Sluit aan by die Bloemfontein-sentrum se opwindende jaar vol aktiwiteite! Betaal ʼn eenmalige aksienetbalsportfooi en kry onbeperkte toegang tot alle aksienetbalwedstryde wat deur Akademia se Bloemfontein-sentrum gefasiliteer word gedurende die semester.
Hierdie aktiwiteite bied ʼn ideale geleentheid om deel te neem, fiks te bly en deel van ʼn gemeenskap te wees. Sluit vandag nog aan en neem na hartelus deel!
Meer inligting:
Geldig: aksienetbal per semester in 2026
Koste: R200 per Fontie
Plek: Bloem Action Sports | Bloemfontein-skougronde, Curielaan 32, Hospitaalpark, Bloemfontein
- Jou aankoopfaktuur dien as bewys van aankoop van die fooi – wys dit assebelief vir die betrokke koördineerder om jou tye te bespreek.