Baba-Fontie
R185
Jy is nooit té oud óf te jonk om ʼn Fontie te wees nie! Die baba-Fontie-speelpakkie is ideaal vir die jongste lede – en trotse handelsmerkambassadeurs – van die Akademia-gemeenskap.
Die sagte materiaal verseker dat kleinding knus, gemaklik en gelukkig sal wees, óf dit nou vir speel, slaap óf ’n besoek aan die kampus is. Die praktiese drukknopies sorg vir vinnige aantrek én uittrek, wat dit net so gerieflik maak as wat dit oulik is. In kort: die perfekte Akademia-geskenk vir ʼn nuwe pienkvoet (en toekomstige Fontie).
Groottes: 3-6 maande en 6-12 maande
Kleur: skemerblou, wit en vuurbrons

