Fontiebal | Paarl
R320
Paarl-Fontie, dit is amper tyd vir die eerste Fontie-bal op die Paarl-kampus en ons maak gereed om behóórlik fees te vier. Sluit by ons aan vir ʼn onvergeetlike aand van vrolike samesyn, gulle geselskap en heerlike kos.
Vanjaar se tema spreek tot die bedrywige en onvergeetlike omgeeweek wat ons Fonties met groot entoesiasme aangepak het.
Só, stof daai dansskoene af en kom sluit saam die Omgeeweek af!
Datum: Woensdag 13 Mei 2026
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Laborie-wynlandgoed
Koste: R320 p.p.
Kleredrag: stylvol-formeel
Daar is slegs 130 kaartjies beskikbaar.
- Jou aankoopfaktuur dien as jou kaartjie vir die bal.
- Neem asseblief kennis dat daar foto’s geneem gaan word wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word.
- Die kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.
- Die kaartjies is slegs vir Akademia-studente en metgeselle.
Beskikbaarheid: 125 in voorraad
