Fontie-bal en Fontasties 2026 | Paarl
R380
Spesiale aanbod vir Paarl-kampusstudente
In die gees van Omgeeweek is daar vanjaar ʼn spesiale aanbod vir Paarl-kampusstudente beskikbaar, wat beide die Fontie-bal en Fontasties wil bywoon.
Hierdie aanbod kombineer een Fontie-bal-kaartjie met ʼn halfprys-Fontasties-kaartjie. Die aanbod is alleenlik vir studente beskikbaar.
Koste: R380 p.p.
Bepalings en voorwaardes
- Daar is slegs 130 kaartjies beskikbaar.
- Jou aankoopfaktuur dien as jou kaartjie vir die bal en Fontasties.
- Neem kennis dat daar by beide geleenthede foto’s geneem gaan word wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word.
- Die kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal indien dit verkeerdelik gekies is nie.
- Die kaartjies is slegs vir Akademia-studente.
Beskikbaarheid: 120 in voorraad
