Motorgeurverspreider
R65
Waar ʼn beeld kan vervaag en ʼn klank kan uitdoof, leef ʼn geur voort soos ʼn stille fluistering, wat die verlede, hede en die toekoms aanmekaar bind. Gedagtig hieraan voer Akademia se eiesoortige reeks reukolies jou as’t ware terug na die kern van sy klassieke aard. Die tweede reuk in die reeks, Die GOEIE, met ʼn ondertoon van wierook en mirre, herinner aan ryk aardse geure en aan die geskenke van die wyse manne aan die goeie Herder met sy geboorte. Dié reuk word in die vorm van ʼn motorgeurverspreider bekendgestel en beloof ʼn reukbelewenis tekenend van dit wat goed en koesterend vir die siel is.
Beskrywing
10 ml
Houtdoppie
Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem asb. kennis dat daar ’n wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees.
Beskikbaarheid: 160 in voorraad

