Die Odusseia
R250
Die Odusseia
Verwerk deur Karien Brits
Die Odusseia is ʼn verwerking van professor JPJ van Rensburg se Afrikaanse vertaling van Homeros se gewilde en alombekende The Odyssey.
Hierdie verwerking maak gebruik van eenvoudige, moderne taalkeuses om die leeservaring te vergemaklik. Só word verseker dat elke leser aanklank vind by die Griekse held se vele uitdagings en lang tog terug huis toe. Die oorspronklike, klassieke aard van die teks bly deurgaans behoue.
Die verhaal van Odusseus is tydloos en is gemik op studente en liefhebbers van klassieke tekste, asook lede van die breë publiek wat ʼn uitstekende storie waardeer.
As een van die voorgeskrewe tekste van Akademia se Groot Boeke-program, word dit ook as ʼn kortkursus op die aanlyn kortkursusplatform Akademia et al. aangebied.
Beskikbaarheid: 137 in voorraad



