Fontieland-pretboeke
R30 – R100Price range: R30 through R100
Die Akademia Uitgewery stel met trots Fontieland 2 – ʼn Pret-aktiwiteitsboek vir kinders bekend. Hierdie boekie skakel in by Fontieland 1 en is spesiaal saamgestel vir leerders in graad 4 tot 7. Ontdek die avontuur van Fontie-wees saam met Hennie en Stella terwyl prettige aktiwiteite soos ʼn blokkiesraaisel, vind die verskille, soek die Fonties en nog vele meer voltooi word.
Fontieland 1:
Kom saam op ʼn ontdekkingsreis deur die kampus van Akademia saam met Stella en Hennie. Leer speel-speel meer oor wie Akademia is en ons vormingsideaal met prettige aktiwiteite soos blokkiesraaisels, vind die verskille en soek die Fonties.
Fontieland 2:
Ontdek saam met Hennie en Stella Akademia se nuwe Paarl-kampus. Die speletjies en vermaaklike aktiwiteite sorg vir hope pret en onthul terselfdertyd Akademia se karakter en vormingsideaal. Kom geniet die reis saam met hulle.
Vir meer inligting klik hier.




