Huis Hennops-boksaand

R160

Huis Hennops se gewilde boksaand vind vanjaar vir die tweede keer plaas. Die doel van hierdie geleentheid is om dié manskoshuis se ondersteuningsfonds te versterk terwyl daar ook fondse vir die Akademia-skenkingsfonds ingesamel sal word. Kom geniet hierdie koshuistradisie saam met Akademia-personeel, mede-Fonties en die gemeenskap.

Meer inligting:

  • Datum: 26 Julie 2025
  • Tyd: Vanaf 16:00
  • Koste: R160 per persoon
    (ʼn Gedeelte van hierdie koste sal aan die Hennops-ondersteuningsfonds sowel as die Akademia-skenkingsfonds opgedra word.)
  • Plek: Voortrekkermonument, Eeufeeslaan, Groenkloof.

Let daarop:

*Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.

*Daar gaan foto’s by die geleentheid geneem word. Dui asseblief aan as jy nie afgneem wil word nie.

Scroll to Top