Direkteursdinee 2024

R250

Sit jou beste vellie-voetjie voor!

Dit is weliswaar amper weer tyd vir die jaarlikse Direkteursdinee en ons maak gereed om oudergewoonte behóórlik fees te vier. Sluit by ons aan vir ʼn onvergeetlike aand van vrolike samesyn, gulle geselskap, heerlike kos en natuurlik vermaak uit die boonste rakke.

Vanjaar se tema spreek tot die bedrywige jaar wat ons agter die rug het, die uitdagings wat ons dapper te bowe gekom het, én die opwindende moontlikhede wat vir ons wag in 2025. ʼn Velskoen is liggewig, rateltaai en kan vastrap op enige terrein (om nie eens van skoffel op die dansbaan te praat nie). Maar méér nog, dit spreek tot ons erfenis en is nommerpas vir hom én haar.

Só, poets daai vellies, ryg in die veters en, as jy sou wou, verfraai hulle met ʼn blinkdingetjie. Sit jou beste vellie-voetjie voor en sluit die jaar op ʼn hoë noot af!

  • Datum: Vrydag 1 November
  • Tyd: 18:00
  • Plek: Leriba-kampus
  • Koste: R250 p.p.
  • Kleredrag: Stylvol formeel, met ʼn paar vellies
  • Voorkeur sal gegee word aan Fontie-seniors (derdejaarstudente en op)
  • Slegs 200 kaartjies beskikbaar

Kom trap partytjiespore met jou vellies tydens die 2024-direkteursdinee!

*Daar sal ʼn prys wees vir die mooiste paar vellies

  • Jou aankoop faktuur dien as kaartjie vir die dinee. 
  • Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word. 

Beskikbaarheid: 64 in voorraad

Scroll to Top