OORSIG
Die Winkel is toegewyd aan die verskaffing van gehalte en stylvolle produkte wat Akademia se trots en passie weerspieël. Dit bevorder Akademia se handelsmerk en skep ʼn gevoel van geborgenheid onder ons studentegemeenskap. Met ʼn wye reeks produkte beskikbaar, van klerasie tot geskenke vir spesiale geleenthede, was daar nog nooit ʼn beter manier om jou verbondenheid aan Akademia uit te druk nie.
Op 25 April 2025 het Die Winkel ook sy deure op die Leriba-kampus oopgemaak. Ons nooi jou uit om die inloopwinkel te besoek, waar jy ʼn hartlike atmosfeer en gehalte produkte sal vind wat sorgvuldig gekies is om aan elke smaak en behoefte te voldoen. Of jy op soek is na die perfekte geskenk of iets om jouself mee te bederf, ons deure staan altyd oop vir jou.
Elke aankoop help om ʼn wêreldklas Afrikaanse studietuiste te bou, waar denke en die hart gevorm word. Besoek ons aanlyn platform of kom loer gerus in by ons splinternuwe inloopwinkel – ons sien daarna uit om jou te verwelkom en jou te help om die perfekte item te vind.
Kyk gerus hier na die 360°-video van Die Winkel.
ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE
Daar is drie opsies vir versending:
- Self-afhaal van pakkies by Akademia se persele (Von Willichlaan, Leriba-kampus, Gerhardstraat-kampus, en die Moot-sentrum) – geen koste nie.
- Versending van pakkies (koste is R120 en word by die prys ingereken indien die opsie gekies word).
- Sentrums: Indien daar ʼn groot bestelling van meer as tien studente by die sentrum is, sal daardie bestelling gratis aan die studente versend word, maar hulle moet dit self gaan afhaal. Dit moet per e-pos gereël word.
• Aflewering neem een tot tien werksdae.
• Kontak winkel@akademia.ac.za indien jy enige navrae het rakende jou pakkie se besonderhede.
• Indien jou gekose produk nie die korrekte grootte is nie, beskadig of foutief is, kan produk teruggestuur word om omgeruil te word. Die onkoste vir die terugstuur van die pakkie/produk is vir koper se eie rekening. Dieselfde produk sal dan weer aan die koper gestuur word.
• Dit is wel ʼn tydsame proses en daar moet seker gemaak word die produkte is in voorraad en kan twee tot vier weke neem.
• Alle omruilings kan per e-pos gereël word by winkel@akademia.ac.za.
Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ‘n wagtydperk tussen twee en vier weke sal wees.