Teken in
Skep 'n rekening

10-jaarwyn

R150R750

Sedert 2010 word daar aan die droom – om
wêreldklas universiteit te bou wat hoop skep vir
die Afrikaanse gemeenskap en nageslagte – lewe
gegee. Sedertdien het tientalle toegewyde bouers
elkeen op ’n uitsonderlike en unieke wyse aan
dié droom gestalte gegee. Akademia, oproep
deur die gemeenskap, is gebore. En op 3 Maart
2012 word die eerste studente vir klasbywoning
verwelkom.

Vandag, dekade later, is ons dankbaar en trots
op hierdie baanbrekerswerk. Die vestiging van
Akademia was groot gesamentlike
gemeenskapspoging. Ná meer as tien jaar se bou,
werk Akademia geïnspireerd voort om hoër
hoogtes te bereik. Akademia is goed gevestig en
betree belowende groeifase.

Nes die delikate wynmaakproses wat gevolg is
om dié besondere pinotage te vervaardig,
simboliseer hierdie wyn die pionierswerk wat
Akademia oor meer as dekade verrig het.

Ons vertrou ook dat Akademia, soos die
wynverouderingsproses, ook in die veelheid en
geheel, ervaring en wysheid, beter sal word met
verloop van tyd om die groot opleiding- en
opvoedingsverantwoordelikheid van
Afrikaanse universiteit te verwesenlik.

  • 2019 Pinotage
  • 750 ml
  • Vervaardig in Suid-Afrika
  • Hierdie wyn is spesiaal gebottel deur De Kleine Wijn Koöp ter herdenking van Akademia se tiende verjaarsdag. 

Met die aankoop van dié wyn dra jy by tot Akademia se skenkingsfonds.

Scroll to Top