Akademia-loopbaanskou 2026
R1 500 – R1 800Price range: R1 500 through R1 800
Akademia-loopbaanskou 2026
Skud blad met toekomstige werknemers!
Die Akademia-loopbaanskou het ten doel om die gaping tussen studie en die werkswêreld doelgerig te oorbrug. Dit dien as ʼn dinamiese geleentheid waar talent en loopbaangeleenthede mekaar ontmoet – waar studente hul toekoms begin bou en werkgewers hul volgende generasie van werknemers kan ontdek.
Die geleentheid fokus daarop om:
- studente prakties voor te berei vir die werksmark;
- werkgewers direkte toegang tot talent te gee; en
- betekenisvolle, langtermynverhoudings tussen akademie en die industrie te vestig.
Akademia se loopbaanskou vind vanjaar vir die vyfde keer plaas. Vanjaar vind dit vanaf 13 tot 21 Julie 2026 plaas en neem dit ʼn tweeledige formaat aan. Die eerste week word deur die Akademia-loopbaankantoor aangebied terwyl die tweede week die vorm van interaktiewe uitstallings sal aanneem.
Met meer as 4 400 studente oor verskeie programme en ʼn bewese rekord van suksesvolle werwing, vorm die loopbaanskou ʼn belangrike bousteen in die ontwikkeling van jong talent en die toekoms van die arbeidsmark.
Datum: 20-21 Julie 2026
Tyd: verwys na inligtingsdokument vir werkgewers
Plek: beide Akademia se Pretoria-kampusse
Pakket 1:
Verversings vir twee uitstallers oor beide uitstaldae
Stalletjie by loopbaanskou
Handelsmwerk op loopbaanskoupamflet en elektroniese-skerm
Koste: R1500
Pakket 2:
Verversings vir twee uitstallers oor beide uitstaldae
Stalletjie by loopbaanskou
Handelsmwerk op loopbaanskoupamflet en elektroniese-skerm
Advertensie op elektroniese skerm
Spreekbeurt van 30 minute tydens derdejaarstudente se kontaksessie
Koste: R1800
- Jou aankoopfaktuur dien as kaartjie vir die loopbaanskou
- Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
Klik hier vir formele inligtingsdokumet vir alle wergewers
