Akademia-sportsak/-naweeksak

R215

Óf jy nou op pad gimnasium toe is, ʼn sportbyeenkoms bywoon óf sommer net vir die naweek wegbreek, die Akademia-sportsak is jou betroubare reisgenoot. Hierdie ligte, dog stewige sak is ontwerp vir ʼn aktiewe leefstyl waar funksionaliteit en styl hand aan hand loop.

Met genoeg pakplek pas hierdie sak moeiteloos by jou besige skedule. Die gemaklike handvatsels en duursame materiaal maak dit ʼn item wat jy keer op keer sal gebruik.

Gemaak van herwonne katoenseildoek, weerspieël die sak nie net praktiese ontwerp nie, maar ook ʼn doelbewuste keuses: volhoubaarheid én verantwoordelike verbruik. Die skemerblou kleur sorg vir ʼn tydlose voorkoms.

Produkbesonderhede

  • Afmetings: 50 cm (l) x 25 cm (b) x 26 cm (h)
  • Materiaal: 320 g/m² herwonne katoenseildoek
  • Handvatsels: kontrasterende natuurlike katoenweefsel
  • Kleur: skemerblou

Indien  Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ʼn wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees. 

Beskikbaarheid: 50 in voorraad

Scroll to Top