Bekendstelling Ode aan De Vrijburger-wyn
R100
Akademia hou ʼn besonderse wynproegeleentheid waar die instelling se nuwe wyn, Ode aan De Vrijburger, bekendgestel en geproe sal word.
Hierdie aand word deur Wynand Grobler van De Kleine Wijn aangebied. Kom luister saam na stories oor wat wyn besonders maak. As jy ʼn wyn geproe het waarvan jy besonder baie hou, kan jy tydens die geleentheid ʼn bottel of twee aankoop om weer te geniet. Akademia se nuwe wyn sal ook te koop wees.
Die geleentheid word slegs vir studente en personeel van Akademia aangebied en daar is slegs ʼn beperkte aantal kaartjies te koop.
Datum: Donderdag 2 Julie 2026
Tyd: 18:00 tot 20:00
Plek: Sowel As op die Leriba-kampus, Endstraat 245, Clubview, Centurion
Koste: R100 per persoon
Daar sal ook pizza te koop wees
Beskikbaarheid: 43 in voorraad
