Die Bloemfontein-sentrum se wynproegeleentheid
R80
Kom geniet ʼn stylvolle aand van wyn, geur en goeie geselskap!
Ons nooi jou hartlik uit na ʼn spesiale wynprogeleentheid soos aangebied deur VindoWines. Hier sal jy die geleentheid kry om ʼn verskeidenheid wyne te proe – van ryk rooiwyne en vars witwyne tot heerlik soet variëteite. Wie weet? Jy mag dalk net jou nuwe gunstelingwyn ontdek!
Kaartjie inligting:
- Datum: Vrydag 21 Augustus 2026
- Tyd: 18:00 vir 18:30 tot laat
- Plek: Akademia se Bloemfontein sentrum, Koppieweg 1, The Towers-winkelsentrum, Langenhovenpark, Bloemfontein
- Koste: R80 per persoon
Kaartjies is beperk, so bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Daar sal nie kaartjies by die deur te koop wees nie.
Hierdie is die perfekte aand vir wynliefhebbers – of net vir die wat iets besonders wil ervaar.
Kom proe. Kom ontdek. Kom geniet.
Vir enige navrae, kontak Elrike Viljoen by elrike@akademia.ac.za
- Aankope van kaartjies word via e-pos bevestig en moet met aanmelding by die geleentheid getoon word.
- Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
- Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.
Beskikbaarheid: 21 in voorraad
