Fontie-spele 2025
R4 000
Dit is weer tyd vir Fontie-spele en vanjaar se spele beloof om groter en beter as ooit te wees! Op 11 en 12 April 2025 gaan aksiebelaaide tiene-rugby, netbal, hokkie en ook T10-krieket sorg vir taai kompetisie en uithalertoeskouervermaak. Hierdie sportfees dien as die voorloper vir die Fontie-spele-liga waar vorige wenners hul titels sal moet verdedig. Hierdie wenners sluit in Akademia (rugby), Aros (netbal), ETA-kollege (dameshokkie) en Newbridge Graduate Institute (manshokkie). Behalwe vir sportaksie uit die boonste rakke kan betrokkenes ook uitsien na regstreekse kunstenaars, ʼn groot verskeidenheid stalletjies en méér as genoeg om aan te smul. Maak seker jy sluit by ons aan vir dié sporthoogtepunt.
Datum: Vrydag 11 April en Saterdag 12 April 2025
Tyd: Vrydag vanaf 18:00 en Saterdag vanaf 07:00
Plek: Hoërskool Centurion
Koste: R4 000 vir ʼn span in elke kategorie