Eerstejaarskamp 2026 | Paarl-kampus

R2 450

Die jaarlikse Akademia-eerstejaarskamp is ongetwyfeld ʼn hoogtepunt op ons eerstejaar-Fonties se studentekalender. Hierdie kamp bied aan studente die geleentheid om die instelling se kultuur en bruisende studentelewe eerstehands te ervaar. Om deel te word van dié studentelewe beteken dat jy deel word van ʼn gemeenskap van omgee, behoort, trots en tradisies. Hierdie kamp vang al dié elemente vas.

Jy kan dus verwag om tydens die 2026-eerstejaarskamp, wat vanaf 27 tot 30 Januarie plaasvind, ʼn avontuurgevulde kampprogram te geniet wat, onder andere, insluit: ʼn voorsmaak van wat dit beteken om ʼn Fontie te wees, die geleentheid om saam met kenners oor leierskap en identiteit te gesels, en aan leerervarings deel te neem oor hoe om jou vryheid as student te bestuur. Bowenal lê daar hope pret vir jou voor!

MEER INLIGTING

Datum: 27 tot 30 Januarie 2026

Plek: Karmel-kampterrein, Franschhoek

Vervoerreëlings sal aan die begin van Januarie gekommunikeer word

Kostes: R2 450

Wat sluit my kaartjie in?

  • ʼn Akademia-t-hemp en -hoed
  • Etes en verblyf
  • Alle kampaktiwiteite

 

Scroll to Top