Teken in
Skep 'n rekening

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie: Opleiding vir Entrepreneurs

R300

Entrepreneurs kan nou die AfriForum Sakenetwerk, Entrepreneur van die Jaar-kompetisie se virtuele opleidingsessies vir entrepreneurs aankoop, om in die gemak van hul eie huise/kantoor en hul eie tyd, meer te leer oor die verskeie areas van entrepreneurskap.

Die opleiding handel oor die volgende:

Middel- en laevlakbestuur: Besluitneming en beplanning deur Elize-Mari Coetzer

  • Elize-Mari Coetzer gaan gesels oor middel- en laevlakbestuur met die fokus op besluitneming, beplanning en visualisering.

Bemarking vir entrepreneurs deur Salomien Boshoff

  • Salomien Boshoff gesels oor jou produkaanbieding, teikenmark, jou tienjaarplan, jou MTD, eienskap of funksie, handelsmerk en MTD, verspreiding, prys en waarde asook kommunikasie vir entrepreneurs.

Finansies vir entrepreneurs deur Weich Lippert

Weich Lippert gaan gesels oor finansies vir entrepreneurs en beantwoord vrae soos:

  • Kan ek ’n maatskappy registreer wat dienste lewer aan my huidige werkgewer?
  • Wat is my belastingverpligtinge teenoor SARS as ’n nuwe maatskappy?
  • Watter finansiële verslae is vir my belangrik om te verstaan en na te kyk?

En nog vele meer …

Vir meer inligting, kontak gerus netwerk@afriforum.co.za

Scroll to Top