Klaskamerplakkate

Price range: R35 through R280

As hoëronderwysinstelling spits Akademia homself altyd daarop toe om waarde toe te voeg op verskeie terreine. Hierdie versameling van elf klaskamerplakkate is spesifiek ontwikkel vir die Bedryfstudie-klaskamer maar kan ook in die Ekonomie- en Rekeningkunde-klaskamer aangewend word. Hierdie plakkate kan of individueel of as ʼn versameling aangekoop word.

  • Volledige versameling teen R220
  • Individueel teen R25 per plakkaat

Plakkaatopskrifte/opsies vir aankope:

  1. Volledige versameling
  2. SMART-doelwitte
  3. Mintzberg se model vir bestuursrolle
  4. Besigheidsomgewings
  5. Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV)
  6. Probleemoplossingstappe
  7. Die indiensnemingsproses
  8. SSGB-analise (SWOT)
  9. Die rol en belangrikheid van algemene bestuur
  10. Vlakke van bestuur
  11. Margerison-McCann-spandinamika
  12. Die PESTLE-analise-boomdiagram

Indien Die Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het nie, sal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ʼn wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees. 

 

Scroll to Top