Teken in
Skep 'n rekening

Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen

R350

Akademia Uitgewery

Danie Goosen word beskou as een van dié vooraan­staande lewende Afrikaanse filosofiese denkers. In sy latere werk hou hy homself veral besig met die rol en toekoms van die Afrikaners, asook die lewenskragtige konsep van gemeenskap. 

In hierdie bundel word daar hulde gebring aan dié heden­daagse denkleier, en word die ryke invloed van Goosen se intellektuele arbeid op prominente plaaslike akademici en gemeenskapsleiers illustreer.

Deur ʼn verskeidenheid essays oor Goosen se lewe en werk kry die leser ʼn beeld van sy vorming en die ontwikkeling van sy denke vanuit nasionale en internasionale oorde, maar dui die prominensie van die bydraers hier ook op die diep spore wat Goosen as mens en denker in Suid-Afrika, Europa en Amerika getrap het.

Klik hier vir ʼn uittreksel

Lees ʼn onderhoud in die Flink-tydskrif

Kyk die boekbespreking op ons YouTube-kanaal

Lees mediadekking op Maroela Media

Formaat Sagteband
ISBN 978-0-620-85856-4
Bladsytelling 507
Onderwerp Aktueel, filosofie, huldigingsbundel
Publikasiedatum Junie 2020

Beskikbaarheid: 31 in voorraad

Scroll to Top