Uitgewery – Knooppunt

R395

Danie Goosen word beskou as een van dié vooraan­staande lewende Afrikaanse filosofiese denkers. In sy latere werk hou hy homself veral besig met die rol en toekoms van die Afrikaners, asook die lewenskragtige konsep van gemeenskap.

In hierdie bundel word daar hulde gebring aan dié heden­daagse denkleier, en word die ryke invloed van Goosen se intellektuele arbeid op prominente plaaslike akademici en gemeenskapsleiers illustreer.

Deur ʼn verskeidenheid essays oor Goosen se lewe en werk kry die leser ʼn beeld van sy vorming en die ontwikkeling van sy denke vanuit nasionale en internasionale oorde, maar dui die prominensie van die bydraers hier ook op die diep spore wat Goosen as mens en denker in Suid-Afrika, Europa en Amerika getrap het.

IndienDie Winkel nie voorraad vir jou gekose produk(te) beskikbaar het niesal ons jou in kennis stel. Neem net kennis dat daar ʼn wagtydperk van tussen twee en vier weke sal wees. 

Beskikbaarheid: 21 in voorraad

Scroll to Top