Leierskapskamp || Paarl-kampus

R1 500

Ontdek jou unieke leierseienskappe!

Is jy ʼn Fontie wat graag wil groei, uitdagings wil aanpak en meer doelgerig wil leef? Akademia se leierskapskamp bied jou die geleentheid om jou persoonlike én leierskapsvaardighede in ʼn veilige, energieke en ondersteunende omgewing te ontwikkel.

Hierdie kamp fokus op:

  • selfkennis en persoonlike groei
  • effektiewe kommunikasie en spanwerk
  • praktiese leierskapsvaardighede
  • waardegedrewe besluitneming

Of jy reeds voorloop, of nog besig is om jou leierskapstem te ontdek – hierdie kamp is vir jou.

Datum: 8-11 Junie 2026

Koste: R1500

• Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
• Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
• Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.

Scroll to Top