Ode aan De Vrijburger-wyn

R200

De Vrijburger vertel die storie van mense wat hul eie pad kies – met hande wat gereed is om te bou, harte wat rotsvas glo en oë wat hoopvol vorentoe kyk.

Dié wyn is ʼn huldeblyk aan die gees van vryheid, selfstandigheid en ʼn doelgerigte toekomsstrewe – waardes wat die Akademia-hartklop versinnebeeld. Hierdie versnit vier die nalatenskap van pioniers wat met visie, moed en vasberadenheid vorm aan die dag van môre gegee het.

Terselfdertyd word die glas gelig vir vandag se toekomsbouers wat met dieselfde oortuiging droom en roepingsgedrewe dóén.

Afkomstig vanaf die legendariese wingerde van die Drie Fonteine-plaas in Tulbach, word dié Shirax Mourvèdre Grenache geken aan ʼn palet van witpeper en speserye.

Klink saam met ons ʼn glasie op Akademia!

  • Shiraz Mourvèdre Grenache 2023
  • Vervaardig in Suid-Afrika deur De Kleine Wijn
  • 750 ml
Scroll to Top