Teken in
Skep 'n rekening

Plato se dialoogtrilogie

R110

Akademia Uitgewery

Piet Boshoff se lewendige vertaling van Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates bied aan die Afrikaanse leser toegang tot ’n skatkis van filosofiese kennis. Hiermee word die gaping tussen die gebeure wat reeds nagenoeg 400 v.C. afgespeel het, en die moderne Afrikaanse leser as’t ware oorbrug.

Die dialoë begin met Eutuphro, ’n gesprek oor vroomheid tussen Eutuphro en Sokrates. Hierin formuleer Sokrates die filosofiese vraag: Word die vroomheid bemin deur die gode omdat dit vroom is, of is dit vroom omdat dit deur die gode bemin word? Dié gesprek word opgevolg met Die verdediging van Sokrates waarin dié filosoof homself verdedig in die saak wat teen hom ingebring is, naamlik dat hy die jeug van Athene verlei en nie die gode vereer nie. Ten spyte van sy verdediging, is die vyandskap teen Sokrates egter so groot dat hy ter dood veroordeel word. In die laaste dialoog, Krito, word die leser ’n toeskouer van Sokrates en sy vriend Krito se gesprek in ’n tronksel in Athene, waar Sokrates op die voltrekking van sy doodsvonnis wag. Hier probeer Krito om sy vriend te oortuig om uit die tronk te ontsnap, maar hiervan wil die wyse Sokrates niks weet nie. Uit eerbied vir sy verbintenis tot Athene en dié stadstaat se wette, weier hy om Krito se plan na te volg. Sokrates kies eerder om sy lot te aanvaar en die vonnis uit te staan.

 

Prys R110
Formaat Sagteband
ISBN 978 1 990915 16 1
Bladsytelling 113
Onderwerp Filosofie
Publikasiedatum Januarie 2923

Beskikbaarheid: 11 in voorraad

Scroll to Top