Skryf en haal die media
R750
Skryf en haal die media
Formaat: Aanlyn werkswinkel
Datum: 11 April 2024
Tyd: 09:00 tot 13:00
Gemik op: Kommunikasiepraktisyns en entrepreneurs
Prys: R750 per persoon
Skryf en haal die media is ’n praktiese werkswinkel wat ontwikkel is en aangebied word deur die kommunikasiekenner, Peter Pentz. Dit fokus op die basiese beginsels van ʼn goeie persverklaring, hoe om jou boodskap duidelik en relevant oor te dra, en hoe om te verseker dat dit mediabelangstelling wek. Verder ondersoek dit strategiese wenke om media-dekking te kry, hoe om effektief met die media te kommunikeer, en hoe om die hele proses van mediaverhoudings te bestuur om optimale uitkomste te verseker.
Bepalings en voorwaardes: Kursusfooie is nie oordraagbaar of terugbetaalbaar indien jy nie aan die kursus wat jy gekies het deelneem, sperdatums haal of dit voltooi nie.