Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleentheid
R350
Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleentheid
Ontwikkel jou sakevaardighede in ʼn japtrap deur vlymskerpbesigheidsopleiding.
Werkswinkels en netwerkgeleentheid vir die Bloemfontein- en Paarl-sakegemeenskap. Die werkswinkels word deur Akademia-dosente as vooraanstaande kenners op hul onderskeie gebiede aangebied:
- Die inskerp van bemarkingsbeginsels deur Salomien Boshoff
- Die opskerp van innovasie vir jou besigheid deur Johann Smith
Die geleenthede vind soos volg plaas:
- Vrydag 11 Julie 2025 | 09:00 tot 15:00 | Conference on 12th Avenue, h.v. Durbanweg en Twaalfdelaan, Bellville
- Dinsdag 15 Julie 2025 | 08:00 tot 15:00 | Akademia se Bloemfontein-sentrum, Koppieweg 1, The Towers-winkelsentrum, Langenhovenpark, Bloemfontein
Die koste beloop R350 per individuele kaartjie.
Is jy lid van AfriForum Sakenetwerk? AfriForum Sakenetwerk-lede kan hierdie kursus gratis bywoon. Word nou hier deel van AfriForum Sakenetwerk.
Die geleentheid bied ʼn uitstekende geleentheid vir kennisverryking en professionele ontwikkeling. Om teleurstelling te voorkom, word jy vriendelik versoek om jou sitplek vroegtydig te bespreek.
Indien daar enige verdere vrae is, stuur gerus ʼn e-pos na nikkien@akademia.ac.za.
Let wel dat die kaartjiekoste nie oordraagbaar of verhaalbaar is indien jy nie die geleentheid wat jy gekies het, kan bywoon nie.
Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.