Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleentheid

R450R2 000

Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleentheid

Dit is met groot opwinding dat Akademia jou uitnooi om die Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleentheid by te woon. Hierdie geleentheid bied ʼn unieke platform vir individue wat belangstel in die verbetering van hul sakevaardighede, insluitend diegene wat ʼn onderneming wil begin, reeds ʼn onderneming besit, of belangstel in die veld van finansies, bemarking, of innoverende ondernemings.

Die werkswinkels word deur Akademia-dosente as vooraanstaande kenners op hul onderskeie gebiede aangebied:

  • Verskerp jou finansiële vaardighede deur Shaun Coetzee
  • Die inskerp van bemarkingsbeginsels deur Salomien Boshoff
  • Die opskerp van innovasie vir jou besigheid deur Johann Smit

Die geleenthede vind soos volg plaas:

  • Akademia se Paarl-sentrum (Historium) Pastorielaan 11, Esterville, Paarl, 7646 | Donderdag 7 November 2024 | 08:30 tot 17:00

Die koste beloop R450 per individuele kaartjie. Daar is ʼn groepkorting beskikbaar teen R2 000 vir ʼn groepbespreking van vyf mense. Jou kaartjie sluit ‘n netwerkgeleentheid, verversings en ‘n opleidingspakkie in.

Die geleentheid bied ʼn uitstekende geleentheid vir kennisverryking en professionele ontwikkeling. Om teleurstelling te voorkom, word jy vriendelik versoek om jou sitplek vroegtydig te bespreek.

Indien daar enige verdere vrae is, stuur gerus ʼn e-pos aan akaprojekte@akademia.ac.za.

Kursusfooie is nie oordraagbaar of verhaalbaar indien jy nie aan die kursus wat jy gekies het deelneem, sperdatums haal of dit voltooi nie.

Scroll to Top