Voorskou
R80
Voorskou is Akademia se jaarlikse toneelkonsert. Hier betree al ses die koshuise die verhoog om hul talent en kreatiwiteit met die gehoor te deel. Die aand is met ligte, musiek, lekker lag en ook drama gevul – ʼn fees waar jy behoorlik meegevoer word. Die topdriekoshuise wat by Voorskou aangewys word dring deur na Artium, Akademia se uithalerkultuuraand, waar die kultuurbeker aan die beste koshuis oorhandig word. Kom ervaar Voorskou saam met ons!
Datum: 19 September 2025
Tyd: 17:00 vir 17:30
Plek: Midstream Ridge Primary School
Hoeveelheid kaartjies beskikbaar: 300
- Jou aankoopfaktuur dien as kaartjie vir die voorskou.
- Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
- Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.
Beskikbaarheid: 198 in voorraad