Word slim met LinkedIn!
R50
Ons nooi jou hartlik uit na Akademia se eerste alumni-werkswinkel van 2025! Kom luister na Salomien Boshoff, dosent: Bestuurswetenskappe, wat gaan gesels oor LinkedIn: Jou loopbaan, jou storie, jou strategie.
Datum: Vrydag 27 Junie 2025
Tyd: 08:00 vir 08:30 tot 11:00
Plek: Sowel As by koshuis@Jordan, Gerhardstraat 146, Die Hoewes, Centurion
Koste: R50 per persoon (Ontbythappie ingesluit)
Hierdie praktiese werkswinkel is spesiaal ontwikkel om Akademia-alumni toe te rus met ʼn gestruktureerde, persoonlike én strategiese benadering tot LinkedIn – deur die STACK-raamwerk te gebruik as riglyn vir doelgerigte professionele groei en ontwikkeling.
Die werkswinkel fokus op meer as net ʼn bywerking van jou LinkedIn–profiel. Kom leer hoe om jou persoonlike handelsmerk doelbewus te bou, jou unieke waarde effektief te kommunikeer, en die STACK-raamwerk aan te wend om jou werklike loopbaandoelwitte te bereik.
Wat jy uit die werkswinkel sal kry:
- ʼn Geoptimaliseerde en doelgerigte LinkedIn-profiel gebaseer op die STACK-raamwerk se beginsels.
- ʼn Persoonlike leer- en inhoudstrategie om waarde toe te voeg tot jou LinkedIn-profiel.
- ʼn Duidelike plan om jou persoonlike handelsmerk vir die werksplek te ontwikkel.
- ʼn Geleentheid om met mede-alumni te netwerk en sodoende jou professionele gemeenskap te versterk.
Die doel is om alumni, as professionele persone, te help om LinkedIn doelbewus en met impak te gebruik – nie net as ʼn aanlyn CV nie, maar as ʼn kragtige loopbaaninstrument. Deur die STACK-raamwerk fokus die werkswinkel op selfkennis, tegnologiese vaardigheid, lewenslange leer, inhoudsontwikkeling, konteksbewustheid en gemeenskapsbetrokkenheid – alles om ʼn outentieke en sigbare professionele teenwoordigheid te bou.
Daar is 30 kaartjies beskikbaar.
*Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
*Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
*Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.