Wynbekenstelling Ode aan De Vrijburger-wyn | Paarl
R100
Akademia hou ’n besonderse wynproegeleentheid waar die instelling se nuwe wyn, Ode aan De Vrijburger, bekendgestel en geproe sal word.
Hierdie aand word deur Wynand Grobler van De Kleine Wyn aangebied. Kom luister saam na stories oor wat wyn besonders maak. As jy ’n wyn geproe het waarvan jy besonder baie hou, kan jy tydens die geleentheid ’n bottel of twee aankoop om weer te geniet. Akademia se nuwe wyn sal ook te koop wees.
Die geleentheid word slegs vir studente en personeel van Akademia aangebied en daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies te koop.
Datum: Woensdag 12 Augustus 2026
Tyd: 18:00 tot 20:00
Plek: Sowel As op die Paarl-kampus, Bredastraat 1, Esterville, Paarl
Koste: R100 per persoon
Daar sal ook ʼn ligte peuselhappie beskikbaar wees.
- Neem kennis dat daar foto’s geneem gaan word.
- Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie.
- Akademia sal nie versending terugbetaal wat verkeerdelik gekies is nie.
Beskikbaarheid: 35 in voorraad
